'n Pinkster gebed
Leer my Heer, U wil en weë
    Lei my op die regte pad;
Wees 'n Lig in donker tye;
    Bring my in die Hemelstad,
Waar geen doodsvallei meer is nie ---
    Maar net lig van U sal straal:
In die Goudstad wat van bowe
    Op die aarde neer sal daal.
Leer my Heer, U Woord en wysheid,
    en gehoorsaam so te wees,
Dat die soete liefde leiding
    Van Uself O Heil’ge Gees,
Deur my spreek met taal en uitleg,
    onderskeiding en geloof,
En genades van genesing,
    Jesus naam met krag te loof.
Skenk my al die liefdegawes,
    van U Heil’ge Gees, O Heer;
Sodat ek ook eens vir ewig
    saam met Jesus sal regeer
In die wonderskone Goudstad,
    Waar die Here plek berei;
In die huis met baie wonings;
    Vir Sy kinders en ook my.
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 10 Augustus 1952